News & events

News

08 August 2014

In die spore van Marais

Die Burger

In die Paarl is ’n ou huis waar die spore lê van ’n seun wat een van die grootste Suid-Afrikaners van die 20ste eeu sou word.

Op die oog af is dit net ’n studeer­kamer of kantoor met onder meer ’n lessenaar, ’n ovaalvormige tafel, stoele, ’n wakis en foto’s van ’n skare mense voor die Brandenburg-hek tydens die val van die Berlynse Muur op 9 November 1989.

Maar wat van die ou, effens gehawende, Paarlse huis waarin dié vertrek is, iets uitsonderliks maak, is dat Eugène Nielen Marais sy laaste twee skooljare hier deurgebring het.

Waar ons nou sit, was die seun met die kantpaadjie en donker baadjie ook eens aanwesig. Dit is moontlik dat hy hier gesit en skryf het aan gedigte soos “Majuba” en “South Africa”.

Read the article online

Die Burger

Related Articles