Suid-Afrikaners is nie noodwendig so gesond soos hulle dink nie en ’n kwart van die land se burgers ly soms honger.
Al beskryf 78,6% hulself as gesond of baie gesond, is een uit elke drie mans en een uit elke twee vroue onfiks (na gelang van ’n standaard-fiksheidstoets), die gemiddelde vrou is oorgewig, 16,5% ly aan hoë bloeddruk, 9,5% ly aan suikersiekte en 17,1% sukkel met bloedarmoede.
Dit is van die bevindings in die eerste Suid-Afrikaanse nasionale gesondheids-en-voedingswaarde-ondersoek (Sanhanes-1), wat die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) gister in Pretoria bekend gestel het.
Source: www.beeld.com