Die Gautengse departement van gesondheid het Woensdag ’n MIV/Vigsstuddie deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) verwelkom.
“Die LUR [vir gesondheid, Hope Papo] sê die verslag … vertel ’n goeie storie oor die werk van gesondheidsdienste in die openbare sektor en die multisektor-benadering tot MIV in die provinsie,” het Simon Zwane, woordvoerder, gesê.
Volgens hom leef mense met MIV deesdae langer vanweë die ARM-behandelingprogram in die provinsie, wat in die meeste klinieke en hospitale van Gauteng aangebied word