News & events

News

11 August 2013

Die prys van die vleis en internetmiljarders

Human Sciences Research Council (HSRC)

Jy kon my die afgelope week met ’n veer omtik met die nuus dat wetenskaplikes onlangs ’n kunsmatige hamburger-vleisie ontwikkel het en dit in Londen aan ’n drietal smulpape uitgedeel het om te proe.

Ek dag so iets is al lankal gemaak en ons eet almal al lankal lekker saam.

Op goeie gesag het ek byvoorbeeld enkele jare gelede al verneem hoe die mense van die goue boog die verstommende eenvormigheid van hul patties se smaak en voorkoms verseker: Dit doen hulle glo deur alles op bestelling van ’n sentrale pakhuis in Amerika na ander wêrelddele te faks. Kyk maar mooi hoe lyk so ’n pattie as jy weer daar ’n draai maak: Vars uit Amerika, vars van die faksmasjien. As jy nog onseker is, gee hom gerus ’n hap.

Lees artikel

Source: www.rapport.co.za

Human Sciences Research Council (HSRC)