Suid-Afrikaners is nie so gesond soos hulle dink nie. Boonop ly ’n kwart van die land se burgers soms honger.
Al beskryf 78,6% hulself as gesond of baie gesond, is een uit drie mans en een uit twee vroue onfiks. Boonop is die gemiddelde vrou oorgewig, 16,5% ly aan hoë bloeddruk, 9,5% ly aan suikersiekte en 17,1% sukkel met bloedarmoede.
Dit is van die resultate van die eerste Suid-Afrikaanse nasionale gesondheids-en-voedingswaarde-ondersoek (SANHANES-1), wat gister hier deur die Raad op Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) bekend gestel is.
Source: www.dieburger.com